Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 236

Spreuke 21:30-31

Bybelteks(te)

30Teenoor die Here geld geen menslike wysheid, insig of besluit nie.

31Perde kan afgerig word vir oorlog,

maar dit is die Here wat die oorwinning gee.

SPREUKE 21:30-31AFR83Maak oop in die Bybelleser

Weereens is vers 30-31 ’n eenheid. God se wil gee in alles die deurslag, nie ons wyheid, insig of besluite nie. “Nothing clever, nothing conceived, nothing contrived, can get the better of God.” (The Message). Jy kan die beste planne maak – perde afrig vir die oorlog – maar dit is die Here wat die oorwinning gee (vgl Job 5:12-13). Positief gestel: “Do your best, prepare for the worst – then trust God to bring victory.” (The Message)

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS