Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 235

Spreuke 21:28-29

Bybelteks(te)

28'n Vals getuie gaan sy dood tegemoet.

'n Betroubare getuie se getuienis het betekenis.

29'n Slegte mens gee voor dat hy weet wat hy doen;

'n eerlike mens bly by die koers wat hy gekies het.

SPREUKE 21:28-29AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 28. Hoe nodig het ons nie vandag betroubare getuienis nie. Mense wat eerlik is in wat hulle verkondig. Dink veral aan die publieke rolspelers in die media, politiek en ekonomie. Vers 29. Koersvastheid wys wat in ‘n mens se karakter steek. Dit is maklik om iemand uit te ken wat voorgee dat hy weet wat hy doen. Hy dwaal rond. Dit is net so maklik om iemand uit te ken wat weet wat hy doen. Hy bly by die koers wat hy gekies het.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS