Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 233

Spreuke 21:25-26

Bybelteks(te)

25'n Lui mens soek sy dood,

want hy wil nie sy hande uit sy moue steek nie;

26hy sit die hele dag net en wens.

Die regverdige kan gee sonder om suinig te wees.

SPREUKE 21:25-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die twee verse is ’n eenheid. ’n Luiaard se begeerte na meer kom tot niks, omdat hy terugdeins vir die harde werk wat nodig is om besittings bymekaar te maak. ‘n Regverdige daarenteen kan bekostig om vrygewig te wees met alles wat hy deur harde werk verwerf het.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS