Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 230

Spreuke 21:19-20

Bybelteks(te)

19Liewer in 'n woestyn woon

as by 'n twisgierige vrou wat aanhou neul.

20In die woning van 'n wyse mens is daar altyd kosbare besittings en olie;

'n dwase mens bring sy goed deur.

SPREUKE 21:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 19. Dit is beter om in die hitte van die woestyn te bly, as by ‘n twisgierige en humeurige (“easily-provoked”) maat. Dit is hoe sleg dit kan wees as jou maat se lont kort is (vgl vers 9). Verhoudings waarin rusies baie voorkom, is regtig nie maklik om te hanteer nie! Vers 20. Wysheid het ‘n ingeboude waarde wat keer dat goed sommer verkwis word. Dit is ’n skat vir gebruik in die toekoms, en olie vir gebruik in die hede. Dwase verkwansel egter alles.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS