Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 225

Spreuke 21:8-10

Bybelteks(te)

8'n Slegte mens loop krom paaie;

'n eerbare mens tree eerlik op.

9Liewer bo-op 'n dak woon

as saam met 'n twisgierige vrou onder een dak.

10'n Slegte mens smag na meer kwaad;

hy het nie medelye met sy naaste nie.

SPREUKE 21:8-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 8. Slegte mense is onderduims. Goeie mense is oop en eerlik. ’n Skoon lewe en ’n skoon gewete gaan saam. Vers 9. Dit is onuithoubaar sleg in ‘n verhouding met ‘n twisgierige maat. Dit is dan beter om in die gebruiklike kamertjie vir gaste op die hoek van die dak van Joodse huise te bly, al is dit klein en alleen. Maar dit kan altyd nog slegter. Kyk na vers 19! Vers 10. ‘n Slegte mens is kwaadwillig en ongenadig teenoor sy naaste. Sy kwade bedoelings moet egter nie as ’n swakheid verskoon word nie, maar as die meedoënlose passie wat dit is diep in sy siel. Sy binnekant het ’n onblusbare aptyt vir die verkeerde.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS