Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 226

Spreuke 21:11-12

Bybelteks(te)

11As jy 'n ligsinnige mens laat boet vir sy dade,

leer onervare mense wysheid daaruit;

as jy iemand onderrig wat wysheid het,

leer hy self daaruit.

12Die regverdige God sien wat in die goddelose se huis aangaan

en Hy bring die goddelose tot 'n val.

SPREUKE 21:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 11. ’n Spotter sal nie verander deur straf nie (vgl Spr 13:1), maar ’n eenvoudige of naïewe persoon leer daardeur. Dit is die doel van straf vir spotters. Wyse mense het egter geen probleem om kennis deur onderrig te verwerf nie. Vers 12. Die vers is die sleutel om die hoofstuk se boodskap te verstaan. Die “Regverdige Een” soos die “regverdige” vertaal kan word, sien alles wat in die goddelose se huis aangaan, en tref hom met ellende.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS