Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 224

Spreuke 21:5-7

Bybelteks(te)

5Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig,

maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek.

6Skatte wat met bedrog versamel is,

verdwyn in die wind en bring die dood.

7Die geweld van goddelose mense vernietig hulleself,

want hulle weier om reg te doen.

SPREUKE 21:5-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 5. Deeglike beplanning en doelgerigte uitvoering bring oorvloed, maar onnadenkende oorhaastigheid bring gebrek. Soos die Afrikaanse spreekwoord lui: “Haastige hond verbrand sy mond.” Vers 6. Jy verloor maklik rykdom wat deur bedrog bekom is, en sommer jou lewe op die koop toe. Vers 7. Die geweld van goddeloses wreek hom op hulleself weens hulle onvermoë om verhoudings (reg doen) in stand te hou. Hulle is soos kaf wat wegwaai in die wind.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS