Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 223

Spreuke 21:4

Bybelteks(te)

4Die sonde van goddeloses begin altyd met selfverheffing en eiewaan.

SPREUKE 21:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Selfverheffing en hoogmoed lei tot goddeloosheid. Die tweede deel van die vers kan óf vertaal word met “die lamp van die goddelose is sonde”. Dws, die goddelose se koers word deur die sonde bepaal (vgl 1 Kon 11:36 waar die koning as ‘n lamp of ‘n lig beskrywe word; die woord word hier in ‘n negatiewe sin gebruik). Óf met “die geploegde land van die goddelose is sonde.” Dws, die goddelose se lewe word deur sonde gekenmerk (vgl Hos 10:12).

Dit is eintlik so vanselfsprekend. Verloor jou ontsag vir ander, dan verloor jy jou ontsag vir God. Die omgekeerde is ook waar. Verloor jou ontsag vir God, dan verloor jy ook jou ontsag vir ander, iets wat regdeur Spreuke beredeneer word. En dit is ook wat die wet sê (Eks 20), en waarby Jesus in die NT aansluit met die liefdesgebod (Matt 22) – die liefde vir God en die naaste is die diepste waarheid oor wat die lewe die moeite werd maak, ware lewenswysheid. ‘n Mens gehoorsaam dus nie die liefdesgebod omdat God jou verplig nie, maar omdat dit die wyse ding is om te doen, en die lewe dan die moeite werd vir almal word.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS