Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 222

Spreuke 21:3

Bybelteks(te)

3Die Here verkies dat 'n mens doen wat regverdig en reg is

eerder as dat jy offers bring.

SPREUKE 21:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Reg en geregtigheid – gehoorsaamheid aan God se bevele in die Skrif – is vir God beter as offerandes. So leer die profete Samuel (“gehoorsaamheid is beter as offerande” – 1 Sam 15:22), Jesaja (“Ek verdra nie feesviering saam met onreg nie” – Jes 1:13), Jeremia (“julle moet leef soos Ek julle beveel” – Jer 7:22-23), en Hosea (“Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied” – Hos 6:8) ons ook. Daarmee word offerandes nie afgeskiet nie, maar hulle waardeloosheid uitgewys as dit nie gepaard gaan met ’n regverdige lewe nie. God se guns kan nie “gekoop” word met offerandes nie. Hy soek absolute gehoorsaamheid aan sy geopenbaarde wil in die Skrif.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS