Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 22

Spreuke 4:10-13

Bybelteks(te)

10Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê;

dit sal jou lewensjare baie maak.

11Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid is

en jou die regte koers laat loop.

12As jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie,

en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie;

bly daarby, want dit is jou lewe.

SPREUKE 4:10-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vir die wysheid egter om sy werk te kan doen, is dit lewensbelangrik dat hierdie pad, die pad van wysheid, gekies word, en die pad van goddeloosheid vermy word. Die pa borduur daarom in die “sesde lewensles” verder voort op die soeke na en voordele van die keuse om op die “regte pad” te bly (vgl Ps 18:37 vv).

Sy lering is gegiet in die vorm van ’n belofte wat as deel van die Woord van God ’n belofte aan elke gelowige word wat die wysheid najaag: “aanvaar my woorde sodat jou lewensjare baie kan wees.” Let op die oorbeklemtonings in die gedeelte om die punt te maak dat die wysheid meer voordelig is as die dwase pad van die goddeloosheid en misdaad: daar sal niks in jou pad wees nie, jy sal nie struikel nie (Spr 4:12).

Gryp hierdie belofte aan vir jouself. God sal jou begelei op die pad van wysheid. Hy sal jou paaie reguit maak, sodat jy vry kan beweeg, vinnig of stadig. Hy sal jou van struikeling bewaar, maar dan moet jy ook sy vermaning aanvaar en daarby hou. Vermaning of teregwysing hou jou op die pad van die lewe.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS