Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 21

Spreuke 4:7-9

Bybelteks(te)

7Die wysheid kom eerste.

Sorg dat jy wysheid bekom,

gee alles wat jy het, om insig te kry!

8Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee.

Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp.

9Dit sal jou lewe versier,

dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.”

SPREUKE 4:7-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hier word nog ’n verwoording van ’n beginsel van die wysheid gegee: “Sorg dat jy wysheid bekom en wysheid sal vir jou sorg.” Daar is niks belangriker nie! “Throw your arms around her—believe me, you won’t regret it; never let her go—she’ll make your life glorious.” (The Message). Dit sal aan jou betekenis gee, sosiale aansien verleen, en jou lewe versier.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS