Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 218

Spreuke 20:24-25

Bybelteks(te)

24Die Here bepaal 'n mens se koers;

hoe sal 'n méns weet waarheen hy moet gaan?

25Jy stel vir jouself 'n strik as jy oorhaastig iets aan die Here wy

en agterna eers besef wat jy belowe het.

SPREUKE 20:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 24 formuleer ’n diep waarheid. God bepaal ’n mens se koers, want Hy ken ons pad van begin tot end. Wysheid is dus om baie naby aan Hom te leef, maak nie saak hoe daardie pad ontvou nie. Dié spreuk is daarom beide ‘n waarskuwing dat ons nie moet dink dat ons op ons eie kan regkom nie, maar ook ‘n vertroosting, dat in ons soeke na sy wil, ons op Sy betrokkenheid kan reken. Vers 25 waarsku tereg dat jy vir jouself ’n strik stel as jy oorhaastig iets aan die Here belowe en eers agterna besef wat jy regtig belowe het. Bereken die koste voor jy belowe! Vergelyk Prediker 5:4: “Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS