Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 217

Spreuke 20:22-23

Bybelteks(te)

22Moenie sê: “Ek wil my wreek oor die kwaad wat my aangedoen is” nie;

vertrou op die Here, en Hy sal jou help.

23Die Here het 'n afsku van gewigte wat nou sus en dan so is;

'n skaal wat nie reg weeg nie, is vir Hom nie goed nie.

SPREUKE 20:22-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 22 beklemtoon dat vergelding vir die kwaad die Here se domein is. Dit berus op die uitspraak in die wet: “My kom die wraak toe en die vergelding.” (Deut 32:35). Paulus baseer sy lering hierop: “Oorwin die kwaad deur die goeie.” (Rom 12:17-21). As ’n mens die Here vertrou om geregtigheid te laat geskied, kan jy dit waag om goed te doen selfs al doen ander kwaad aan jou. Kan jy wag dat Hy jou help. Vers 23 beklemtoon weereens dat die Here bedrog haat. Hy gril vir onregverdige besigheid (vgl vers 10 vir dieselfde gedagte).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS