Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 214

Spreuke 20:16-18

Bybelteks(te)

16As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom af

en hou dit as pand, want hy is 'n uitlander.

17Kos wat oneerlik verkry is, smaak miskien goed,

maar agterna sal jy klippe kou.

18Planne wat op goeie raad steun, slaag;

vra raad voor jy oorlog maak.

SPREUKE 20:16-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 16. Sorg dat jy iets van waarde het waarmee jy mense, veral as hulle vreemdelinge is, verantwoordelik kan hou vir hulle verpligtinge. Die bokleed was die normale pand vir ’n lening (vgl Eks 22:26–27; Deut 24:10–13). Vers 17. Oneerlike wins kan jou suur bekom. Gesteelde goed smaak miskien lekker, maar dit kan jou klippe laat kou as jy uitgevang word. Vers 18. Oorleg in beplanning bring sukses in oorlog, trouens in enige situasie van konflik (vgl Spr 24:5-6; Pred 9:13-18).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS