Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 213

Spreuke 20:13-15

Bybelteks(te)

13As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie;

staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet.

14“Sleg! Sleg!” sê die koper,

maar as hy weg is, spog hy met sy winskopie.

15Daar is goud, daar is edelstene,

maar om met kennis van sake te praat, is nog kosbaarder.

SPREUKE 20:13-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 13. Hardwerkendheid bring oorvloed. Interessant: “staan vroeg op” (1983-vertaling) is eintlik die vertaling van “maak jou oë vroeg oop” (1933/53-vertaling) wat dié vers met vers 12, verbind. Spreuke wil dus sê, God het jou oë gegee, gebruik dit dan van vroeg af om jou werk met passie en oorgawe te doen. Vers 14. Kopers maak nie hulle ware gevoelens oor ‘n winskopie bekend nie, tot hulle eie voordeel. Dit is moontlik raad van ’n ervare besigheidsman aan ’n beginner. Vers 15. Kennis is meer werd as goud en edelstene (rooi korale of robyne). Nie net in terme van sigwaarde nie, maar in terme van intrinsieke waarde.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS