Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 210

Spreuke 20:8-10

Bybelteks(te)

8Wanneer die koning moet regspreek,

sien hy ál wat verkeerd is, raak.

9Wie kan sê: “Ek is rein,

ek is onskuldig, sonder sonde”?

10Die Here het 'n afsku van mate en gewigte

wat nou sus en dan so is.

SPREUKE 20:8-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 8. Die vers kan beteken dat ’n koning goed is met foutvindery. Maar dit is beter om dit as ’n ideaal te sien waaraan ’n koning gemeet word. Dat hy sal toesien dat boosheid uit sy ryk verwyder word soos kaf van die koring op ’n dorsvloer geskei word. Soos Dawid dit van die Here vra dat van hom as koning waar sal wees in Psalm 101 (vgl vers 26, 28 – integriteit en liefde en trou is nodig). Ons kan ook daarvoor bid waar dit nie die geval is nie. Vers 9. Die waarheid is dat niemand kan sê dat hy of sy in alle gedagtes suiwer was en in alles sonder sonde opgetree het. Onskuld is skaars. Dit is waarom ons verlossing nodig het (vgl 1 Kon 8:46; Ps 143:2; Rom 3:23-24). Vers 10. Die Here haat bedrog. Hy gril vir onregverdige besigheid (vgl vers 23 vir dieselfde gedagte).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS