Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 20

Spreuke 4:1-6

Bybelteks(te)

1Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte;

slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is,

2want wat ek julle leer, is goed;

moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.

3Ek was ook eenkeer 'n kind,

my moeder se oogappel, haar enigste.

4My vader het my toe ook geleer en vir my gesê:

“Wat ek jou sê, moet jy vashou,

my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe.

5Sorg dat jy wysheid bekom, en insig!

Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;

6maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm;

as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.

SPREUKE 4:1-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Let op dat die pa in die “vyfde lewensles” met sy kinders (meervoud) praat en dit vanuit sy eie ervaring doen. Hy spel die voordele van ’n fokus op wysheid uit vir sy hele gesin. En dit is die ma net soseer soos die pa wat tot hierdie opvoeding bygedra het (Spr 4:3). Die fokus op wysheid kom dus van geslag tot geslag. Trouens, die pa was sý ma se oogappel! Hy het by haar geleer.

Die voordeel van die wysheid is dat dit lewe, insig, beskerming en bewaring gee. Dit gee werklike lewe. Dit is nie ’n straf nie, maar ‘n beskerming. Let op hoe hart, hand en verstand betrokke is.

Wysheid moet daarom soos ’n metgesel vir hom/hulle wees, soos ’n bruid wat jou lewenspad met jou deel, wat jy kan liefhê en wat jou lewe kan verryk en versier. In die woorde van Peterson: “Don’t forget one word! Don’t deviate an inch!” (The Message).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS