Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 208

Spreuke 20:4-6

Bybelteks(te)

4'n Luiaard ploeg nie in die saaityd nie

en soek in die oestyd na iets wat nie daar is nie.

5'n Oorwoë mening is diep waters;

'n verstandige mens skep daaruit.

6Baie gee te kenne dat hulle getrou is,

maar wie kan 'n werklik betroubare mens vind?

SPREUKE 20:4-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 4. Dit is die wet van die plaas: as jy nie plant nie, sal jy nie oes nie. Wat jy insit, kry jy uit. Vers 5. Dit gaan hier nie soseer oor wysheid wat soos diep waters in ons beskikbaar is nie. Dit gaan oor ’n wyse persoon wat ons kan help om die diepte van ons eie motiverings en oorwegings te kan verstaan. Sulke oorwoë menings van wyse mense gee diepte aan ons eie lewe. Vers 6. Betroubaarheid is skaars. Baie sê dat hulle lojaal is, maar min is regtig betroubaar.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS