Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 207
Spreuke 20:2-3
Bybelteks(te)
SPREUKE 20
Vers 2. Die gramskap van ‘n koning spel gevaar. Hy is soos ’n jong leeu wat enige uitdaging met geweld ontmoet. Die koning kan natuurlik ook ‘n metafoor wees vir iemand onder die invloed van drank. Vers 3. Om ‘n rusie te vermy, is wys. Dit is net dwase wat sonder om te dink rusie maak.