Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 206
![](https://cms.ibep-prod.com/app/uploads/sites/14/2021/09/RP_spreuke.jpg)
![](https://cms.ibep-prod.com/app/uploads/sites/14/2021/09/RP_spreuke.jpg)
Spreuke 20:1
Bybelteks(te)
SPREUKE 20
Die spreuke van hoofstuk 20 is weereens woordprentjies van die wyse lewe teenoor die dwase een. In elkeen word ‘n lewensituasie op ‘n baie bondige, maar ook boeiende manier geskilder, waarin die lewenswysheid van die Spreukedigter, Salomo, weergegee word. Die onderwerpe word uit alle lewensfere geneem: die ekonomie, die politiek, die regbank, die geestelike lewe, die gesinslewe, en die sosiale lewe.
Vers 1. Drank laat jou respek verloor – vir ander, en ander vir jou. Drank word hier gepersonifieer. Dit dra die waarheid oor dat drank amper ‘n lewe van sy eie kry. Dit sien ’n mens deurdat drank jou anders laat optree as wat jy eintlik is. Spreekwoordelik: soos ’n leeu of ’n lam.