Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 205

Spreuke 19:27-29

Bybelteks(te)

27My seun, hou gerus maar op met luister na wat jou geleer word

as jy jou nie wil steur aan verstandige raad nie.

28'n Kwaadwillige getuie maak 'n bespotting van die reg;

wat goddelose mense sê, bring onreg.

29Ligsinnige mense moet straf te wagte wees,

en dwase moet slae verwag.

SPREUKE 19:27-29AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 27. Luister na raad word net ‘n bate as jy iets positiefs daarmee doen. Anders kan jy net sowel ophou luister daarna. ’n Groei in wysheid veronderstel ’n lewenslange luister en gehoorsaamheid daaraan. Vers 28. Kwaadwillige en goddelose getuies dwarsboom die reg doelbewus. Vers 29. Respeklose mense (ligsinniges, spotters) verdien straf en slae.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS