Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 203

Spreuke 19:24-25

Bybelteks(te)

24'n Luiaard steek sy hand in die skottel,

maar bring dit nie terug na sy mond toe nie.

25As jy 'n ligsinnige mens klap, leer dié wat nog onervare is, daaruit;

as jy 'n verstandige mens straf,

word hy nog verstandiger.

SPREUKE 19:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 24. Luiheid is regtig ‘n verlammende siekte wat jou energie só tap dat jy nie eers die voorsiening wat daar is benut nie (vgl Spr 26:15). Vers 25. Sterk optrede (klap) teen ‘n respeklose mens (ligsinnige) is ‘n les vir onervarenes en uit straf leer die verstandiges.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS