Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 202

Spreuke 19:22-23

Bybelteks(te)

22'n Mens wy sy lewe aan wat hy begeer,

maar dit is beter om arm te bly as om te bedrieg.

23Wie die Here dien, se lewe is veilig;

so 'n mens slaap rustig, geen ramp tref hom nie.

SPREUKE 19:22-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 22. Lojaliteit (standvastige liefde) is jou kosbaarste eienskap. Dit is beter om arm te wees as om vir eie gewin bedrog te pleeg en jou lojaliteit te verraai. Vers 23. Die vrees vir die Here (ontsag) bring rus en beskerming.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS