Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 201

Spreuke 19:20-21

Bybelteks(te)

20Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word,

sodat jy uiteindelik wysheid kan hê.

21Al maak mense hoeveel planne,

wat die Here besluit, staan vas.

SPREUKE 19:20-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 20. Wysheid kom deur te luister na raad en teregwysing. Wysheid is daarom ’n langtermyn belegging (Kidner). Vers 21. Jou planne kan nie God se besluite verander nie. Die mens wik, maar God beskik. Dit is ’n gerusstelling vir dié wat sy wil soek en doen. Dit is ’n waarskuwing vir dié wat hulle eie kop volg en onafhanklik van God wil leef.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS