Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 19

Spreuke 3:31-35

Bybelteks(te)

31Moenie 'n man wat sy mag misbruik, beny nie

en moenie self soos hy maak nie,

32want die Here het 'n afkeer van 'n slegte mens,

maar neem mense wat reg lewe, in sy vertroue.

33Die vloek van die Here rus op die huis van die goddelose,

maar Hy seën die woning van dié wat aan Hom getrou is.

34Met hooghartige spotters dryf Hy die spot,

maar Hy is goed vir dié wat beskeie is.

35Wyse mense verkry eer,

maar dwase kom al hoe meer in die skande.

SPREUKE 3:31-35AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die vyfde praktiese voorbeeld kontrasteer die goddelose (spotters en dwases) met die regverdiges (nederiges en wyses). Selfs in só ‘n situasie moet die seun nie sy mag misbruik nie, nie eers deur ander te beny as hulle hulle mag tot hulle eie voordeel misbruik nie.

Die voordeel van hierdie optrede is dat dit vir die seun ‘n belewenis van God se teenwoordigheid sal gee, nie net vir homself nie, maar ook vir dié naby aan hom in sy huis. God sal hom seën en beskerm.

Interessant is dat goddelose in vers 33 in die enkelvoud is, en regverdiges in die meervoud. Dit beteken waarskynlik dat regverdiges makliker in ‘n gemeenskap tereg kom. Dit is eintlik ’n stukkie ekstra aanmoediging om God se pad te kies. Hy seën en beskerm nie net dié wat by Hom skuil nie. Hy is by hulle en snoer hulle saam.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS