Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 2

Spreuke 1:8-9

Bybelteks(te)

8My seun, jy moet luister na die onderrig

wat jou vader jou gee;

moenie wat jou moeder jou leer,

verontagsaam nie:

9dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kop

en 'n kettinkie jou hals.

SPREUKE 1:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die wysheid word in die tweede plek bevestig deur die ervaring van mense wat die pad met die Here stap, soos ouers en ander gelowige rolmodelle. Dit sluit mense in soos jou pa, jou ma, en ander gesagsfigure.

Jy moet dus ook na hulle luister om wysheid te bekom. Wysheid – van God en van rolmodelle – is vir die pa soos ‘n vrou wat roep en op wie jy jou ore fyn moet instel (vgl Spr 1:20-33), ‘n metafoor wat ook in ander wysheidstradisies gebruik word. Dink byvoorbeeld aan Atene en Minerva, die simbool van wysheid in onderskeidelik die latere Griekse en Romeinse tradisies. Minerva is baie keer met ‘n uil uitgebeeld.

Ontvang hierdie gedeelte dus as ‘n belofte dat jy insig, wysheid en afrigting sal kry as jy in ontsag en ontvanklikheid lewe vir God se leiding, sowel as in jou luister na wyse rolmodelle. Bid dat die Here self jou oë al hoe meer vir wysheid sal oopmaak. In sy Woord en in ander wat daarvolgens lewe.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS