Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 199

Spreuke 19:17

Bybelteks(te)

17Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here,

en Hy sal hom ten volle vergoed.

SPREUKE 19:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hulp aan arm mense word deur God beloon. Dit is soos ’n lening aan die Here wat Hy aan jou sal terugbetaal. Dit eggo die ander uitsprake oor deernis met armes in Spreuke (vgl Spr 14:13; 17:5; 22:2; 29:4). Dit vorm ook die onderbou van die talle NT uitsprake oor armes deur Jesus en die ander NT skrywers (vgl Matt 19:21; Luk 4:18; 6:20; 14:13; Rom 15:26; 2 Kor 6:10; Gal 2:10; Jak 2:5).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS