Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 196

Spreuke 19:10-12

Bybelteks(te)

10Weelde pas nie by 'n dwaas nie,

nog minder behoort 'n slaaf oor mense van aansien te regeer.

11'n Verstandige mens beteuel sy humeur

en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.

12'n Koning se woede is soos die brul van 'n leeu,

en sy goedgesindheid soos dou op die gras.

SPREUKE 19:10-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 10. Weelde pas nie by ’n dwaas nie, want hy kan die waarde daarvan nie waardeer nie. Dit is so goed ’n werker (slaaf) kom in bevel van sy werkgewers (prinse). Nie dat dit nie soms gebeur nie (Pred 10:6-7), maar dit laat ’n samelewing in wanorde verval. Soos dit met die skeuring van die ryk van Israel gebeur het waar Jerobeam koning geword het en die volk afvallig geraak het.

Vers 11. Die 1983-vertaling het dit pragtig vertaal. “’n Verstandige mens beteuel sy humeur,” want ’n koel kop voorkom ’n onvanpaste optrede. Hy “stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees,” want wie wrokke koester, kom in ’n siklus van wraak en weerwraak wat almal se ondergang beteken. Verstandigheid (śekel) beteken die kapasiteit om nie net beginsels te begryp nie, maar daarvolgens op te tree. Dit help hulle om oopkop na ander te kyk en nie deur woede of wrokke van stryk gebring te word nie. Hulle is daarom lankmoedig – ’n eienskap van God – wat beteken dat hulle nie gou kwaad word nie. Hy stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees, iets wat in die NT ook baie hoog waardeer word vgl (Matt 18:21-35). Vers 12. Peterson vertaal: “Mean-tempered leaders are like mad dogs; the good-natured are like fresh morning dew.” (The Message). Dit leer ’n mens om leiers met groot takt te hanteer.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS