Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 195

Spreuke 19:8-9

Bybelteks(te)

8Wie homself liefhet, sorg dat hy wysheid verwerf;

hy stel prys op insig sodat hy voorspoed kan geniet.

9'n Vals getuie bly nie ongestraf nie;

wie leuens kwytraak, gaan tot niet.

SPREUKE 19:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 8. Jy doen jouself ’n guns as jy groei in wysheid van hart. Net so sal jy sal vir jouself ’n goeie lewe verseker deur ’n helderheid van verstand te behou. Vers 9. ‘n Gebrek aan integriteit – vals getuienis en leuens – kan jou jou lewe kos (vgl Spr 19:5 waar dit reeds gesê is, net met die klem op straf). Die wet het geleer dat wat ‘n vals getuie aan die een wat hy beskuldig wou doen, aan hom gedoen moet word (vgl Deut 19:18-19).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS