Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 194

Spreuke 19:6-7

Bybelteks(te)

6Almal soek die goedgesindheid van 'n man met mag,

elkeen is die vriend van iemand wat geskenke uitdeel.

7As 'n arm man se broers almal niks met hom te doen wil hê nie,

bly sy vriende ook van hom af weg,

en om hulle te soebat, help nie.

SPREUKE 19:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hierdie verse brei verder uit op die harde werklikhede van welvaart en armoede soos in vers 4 en 5 gestel. Vers 6. Almal wil voordeel trek uit ander se mag en vrygewigheid. Dit kan vir die ryke ’n vloek of ’n seën wees. Vers 7. Daarenteen, ‘n arm man se vriende word beïnvloed selfs deur sy familie se mening oor hom. Armoede is ’n bitter werklikheid waarin die enigste positiewe punte ’n lewe van integriteit teenoor mense en God is (vgl Spr 19:1).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS