Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 193

Spreuke 19:4-5

Bybelteks(te)

4Rykdom vergader baie vriende;

'n arm mens word van sy enigste vriend vervreem.

5'n Vals getuie bly nie ongestraf nie;

wie leuens kwytraak, kom nie vry nie.

SPREUKE 19:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 4 stel nog ’n harde werklikheid. Welvarendes het meer vriende as armes. Vroeër in Spreuke is al gesê dat armes selfs deur hulle buurmense in die steek gelaat word (vgl Spr 14:20). Konflik met die familie kan armes self dié bietjie vriende kos wat hulle nog het (vgl Spr 19:7). Vers 5. ‘n Gebrek aan integriteit – vals getuienis en leuens – kan ‘n duur straf beteken in ‘n hofsaak (vgl Spr 19:9 wat dit herhaal, net met die klem op die vernietiging wat dit bring). Die wet het geleer dat wat ‘n vals getuie aan die een wat hy beskuldig wou doen, aan hom gedoen moet word (Deut 19:18-19).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS