Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 192

Spreuke 19:1-3

Bybelteks(te)

1Liewer arm wees en opreg lewe

as 'n leuenaar en boonop 'n dwaas.

2Ywer sonder kennis deug nie;

oorhaastigheid bring foute.

3Sy eie dwaasheid bring 'n mens op die verkeerde pad

en dan is hy kwaad vir die Here.

SPREUKE 19:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 1. Integriteit (eerlikheid) het meer waarde as rykdom. ‘n Eerlike arme is beter af as ’n perverse ryke. Vers 2. Jy kan nie opmaak vir ‘n gebrek aan kennis met jou spoed of energie nie. Ywer sonder kennis is gevaarlik. Boonop: “Haastige hond verbrand sy mond.” Of: “Getting nowhere fast!” (Kidner). Vers 3. Jy kan nie dwase besluite neem en dan God blameer nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS