Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 191

Spreuke 18:23-24

Bybelteks(te)

23'n Arm mens pleit,

'n ryke antwoord skerp.

24Maats kan jou breek,

maar daar kan ook 'n vriend wees

wat nader is as 'n broer.

SPREUKE 18:23-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 23 beskryf die harde werklikheid van die wêreld soos dit baie keer is, nie soos dit behoort te wees nie. Arm mense moet ligloop met wat hulle sê, want hulle is afhanklik van die guns van ander. Ryk mense probeer met ’n harde houding die onophoudelike versoeke om hulp van hulle afweer. Vers 24. Kies jou maats met oorleg uit, want maats kan jou breek. Maar, daar is ook vriende wat nader aan jou kan kom as wat ‘n broer is. Kies eerder een goeie vriend uit as baie vriende wat jou kan ruïneer.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS