Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 18

Spreuke 3:27-30

Bybelteks(te)

27Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom,

terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.

28Moenie vir iemand sê:

“Gaan eers terug en kom môre weer,

dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie.

29Moenie kwaad teen iemand beplan

terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.

30Moenie 'n man sommer aankla

as hy jou nie kwaad aangedoen het nie.

SPREUKE 3:27-30AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die tweede praktiese voorbeeld is in vers 27-28. Dit beklemtoon dat hy met deernis moet optree teenoor mense in nood. Daarmee leer die pa hom om sy naaste met die daad lief te hê. Let op hoe ‘n mens die sesde gebod (jy mag nie moord pleeg nie) hierin kan hoor. Dit beteken dat jy geen onheil mag bewerk nie; geen onregverdige klagtes mag bring teen ander nie; geen magsmisbruik mag begaan nie. God neem mense wat reg lewe in sy vertroue. Ook vir jou.

Die derde praktiese voorbeeld is in vers 29. Dit beklemtoon dat die seun met integriteit moet optree teenoor mense wat hom vertrou.

Die vierde praktiese voorbeeld is in vers 30. Dit is om betroubaar te wees teenoor mense wat hom nie kwaad aangedoen het nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS