Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 188

Spreuke 18:19

Bybelteks(te)

19'n Veronregte broer is ontoegankliker as 'n vestingstad;

rusie is soos die sluitbalk van 'n fort.

SPREUKE 18:19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Iemand – ’n familielid of naby vriend – wat te na gekom is, is so ontoeganklik soos ’n ommuurde stad. Rusies is soos die sluitbalk wat toegang tot daardie stad toesluit en die persoon daarbinne onbereikbaar maak. Dit verklaar die belang van die tweede liefdesgebod, om jou naaste lief te hê soos jouself. Dit is die enigste manier waarop verhoudings ’n kans op herstel het.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS