Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 187

Spreuke 18:16-18

Bybelteks(te)

16'n Geskenk maak vir 'n mens die pad oop

en gee hom toegang tot mense met mag.

17Iemand wat in 'n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig,

maar dan kom iemand anders en ondervra hom.

18Deur 'n beslissing van die Here te vra, kan rusies besleg

en sterk mense uitmekaar gemaak word.

SPREUKE 18:16-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 16. Geskenke het groot mag. Dit gee jou toegang tot belangrike mense. Daar is natuurlik ook ’n gevaar daaraan verbonde. ’n Geskenk raak maklik ’n omkoopgeskenk (vgl Spr 17:8). Vers 17. Die regsbeginsel “audi alteram partem” (luister na die ander kant) kom uit Spreuke. As jy net na een kant luister, klink dit baie oortuigend, totdat iemand onder kruisverhoor geplaas word, en die ander kant van die saak ook aangehoor word. Vers 18. Deur die Here se wil te vra – hier deur die gooi van die lot – kan geskille besleg word en sterk opponente uit mekaar gehou word. Want, dit is die Here wat die uitkoms bepaal (Spr 16:33).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS