Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 186

Spreuke 18:14-15

Bybelteks(te)

14Moed laat 'n mens sy lyding dra;

as hy moed verloor het, kan niemand hom dit weer gee nie.

15'n Mens met insig doen kennis op;

wyse mense hou hulle ore oop vir kennis.

SPREUKE 18:14-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 14 meer letterlik vertaal: “Die gees van ’n mens dra hom deur siekte, maar ’n neerslagtige gees – wie kan dit opbeur?” (BDV). Die woord vir “neerslagtig” (nĕkēʾâ) kan ook met terneergedruk (vgl Spr 15:13; 17:22), moedverlore, gebroke (“crushed”) of platgeslaan (vgl Ps 109:16) vertaal word. Daar is ’n innerlike krag wat nodig is om deur krisisse kop bo water te hou. Iets wat in die NT in Jesus vir ons beskikbaar raak wat ons na gees, siel en liggaam kan bewaar (1 Tes 5:23). Vers 15. ’n Verstandige en wyse mens stel hom in op die uitbreiding van sy kennis in wat hy dink en waarna hy luister.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS