Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 184

Spreuke 18:11-12

Bybelteks(te)

11Die ryk man sien sy besittings as sy vestingstad,

as 'n hoë muur wat hom beskerm.

12Op selfverheffing volg ineenstorting,

op nederigheid eer.

SPREUKE 18:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 11 is duidelik in kontras met vers 10. Ryk mense dink hulle welvaart beskerm hulle soos ’n sterk stad of ’n hoë muur, maar dit is ’n lugkasteel. Dit bestaan net in hulle verbeelding. Die enigste ware beskerming is van die Here. Vers 12. Hoogmoed kom voor die val. Nederigheid kom voor die eer (vgl Spr 11:12; 15:33; 16:18). Jesus is die perfekte voorbeeld daarvan (Fil 2:5-11).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS