Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 183

Spreuke 18:9-10

Bybelteks(te)

9Een wat nalatig is met sy werk

en een wat alles afbreek, is tweelingbroers.

10Die Naam van die Here is 'n sterk vesting;

die regverdige vind daar skuiling.

SPREUKE 18:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 9. Luiheid en laksheid is gewelddadig. Dit verwoes nie net die kanse op die lewe vir jouself nie, maar vir almal wat met jou te make het. Vers 10 is ‘n baie bekende teks met die boodskap dat God die regverdige beskerm wat by Hom skuil. Die lied Blessed be the Name of the Lord van Clinton Utterbach gebruik onder andere dié vers: “The Name of the Lord is a strong tower, the righteous run into it, and they are saved.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS