Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 182

Spreuke 18:8

Bybelteks(te)

8Skinderstories word gretig verslind;

mense sluk dit so maklik.

SPREUKE 18:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die 1983-vertaling vertaal besonder goed: “Skinderstories word gretig verslind; mense sluk dit so maklik.” (vgl Spr 26:22 waar dit herhaal word).

Die interessante agtergrond hiervoor is die idee in daardie tyd dat die maag – metafories gesproke – gedagtes opberg. Die antieke Egipte wysheid was dat gedagtes as’t ware in die maag opgegaar word totdat jy besluit watter van die gedagtes die moeite werd is om “op te bring.”

Die gedagtes lê waarskynlik ook agter die spreuk wat beskryf hoe lekker dit is as jy wyshede inneem en enige tyd kan weergee (Spr 22:18). Elifas, een van die vriende van Job, verwys ook moontlik hierna deur spottenderwys na Job te verwys as iemand wat net onsin praat, en daarom “vol wind” is. (Job 15:2).

Job val egter nie vir dié valse perspektief nie, en wys later dat sy gedagtes in hom “gis” soos wyn wat nog nie klaar is nie (Job 32:18-19). Elifas word aan die einde van die boek tereggewys deur God en Job uitgewys as die een wat reg gepraat het oor God (Job 42:7).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS