Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 180

Spreuke 18:4-5

Bybelteks(te)

4Die woorde van 'n mens kan diep waters wees,

'n bruisende stroom, 'n bron van wysheid.

5Dit is nie goed om partydig te wees vir die skuldige

en om die onskuldige sy reg te ontsê nie.

SPREUKE 18:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 4. Wysheid bring lewe. Meer letterlik vertaal: “Diep waters is die woorde uit ’n man se mond, ’n bruisende stroom, ’n fontein van wysheid.” Spreuke 20:5 verbind “diep waters” aan ’n “oorwoë mening”. Die punt is dat wyse woorde ’n permanente verkwikkende effek op ons sal hê. Vers 5. Partydigheid verwoes lewens. Dit is nie goed om partydig te wees vir die skuldige en so die onskuldige sy reg te ontsê nie (vgl Spr 17:15).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS