Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 179

Spreuke 18:2-3

Bybelteks(te)

2Die dwaas stel nie belang in insig nie,

hy wil net sy eie opinie bekend maak.

3Waar daar goddeloosheid kom, kom daar krenkende optrede,

en saam met die belediging kom die skande.

SPREUKE 18:2-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 2. ‘n Dwaas stel nie belang om tot groter insig te kom nie, maar net om almal van sy eie opinie te oortuig. Sy oorvloed woorde openbaar eintlik ‘n gebrek aan insig. Wyse mense luister eers voor hulle praat (vgl Spr 18:15). Vers 3. Iemand wat verkeerd doen – ‘n goddelose of bose mens – beledig mense oral waar hy kom. Hy verneder hulle en laat hulle sleg voel deur hulle te spot en met geen respek te behandel. Die keersy is natuurlik dat dit dan ook met so iemand gebeur.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS