Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 17

Spreuke 3:21-26

Bybelteks(te)

21My seun, behou die takt en oorleg;

moet dit nie uit die oog verloor nie,

22dit sal vir jou 'n mooi lewe verseker

en soos 'n pragtige halssnoer vir jou wees;

23jy sal jou pad veilig loop

en jou voet nie stamp nie;

24jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie;

as jy gaan lê, sal jy rustig slaap.

25Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval,

dat die storm wat vir slegte mense bedoel is,

jou sal tref nie,

26want die Here sal jou beskerm,

Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.

SPREUKE 3:21-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

As deel van hierdie vierde lewensles gee die pa vyf praktiese voorbeelde in vers 21-35 as riglyn vir beide sy seun se persoonlike karakter as sy publieke optrede.

In die publieke lewe gaan dit oor beide sy sosiale verantwoordelikheid vir dié wat in nood is as oor die manier waarop hy sy eie staanplek in die lewe verwerf. Die punt wat die pa maak, is dat die mag wat ‘n mens het, veral tot voordeel van die wat minder bevoorreg is as jy aangewend moet word, en terselfdertyd ook nie tot die nadeel van dié wat jou gelyke of jou meerdere is nie.

Die eerste praktiese voorbeeld is om met takt (respek) en oorleg op te tree, want dit is presies op dié manier waarop die Here jou sal beskerm. Hierdie tipe wysheid gee lewe en sekuriteit. Dit verdryf die vrees en laat jou rustig slaap.

Koester die belofte in vers 26: “The LORD will be the source of your confidence, and he will guard your foot from being caught in a trap.” (NET)

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS