Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 178

Spreuke 18:1

Bybelteks(te)

1Die selfsugtige mens lewe net vir homself,

hy verwerp alle oorlegpleging.

SPREUKE 18:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke 18 lê weer baie klem op die waarde van woorde, meer spesifiek in terme van die kommunikasie patrone wat dit vestig. Kommunikasie maak saak! Dit kan soos diep waters wees, ‘n bron van wysheid (vers 4) óf dit kan rusie veroorsaak (vers 6), en jou eie (vers 7, 13) en ander (vers 3, 5, 8) se ondergang beteken.

Vers 1 beklemtoon dat wysheid in oorlegpleging lê. Die teks sê letterlik: “hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte” – dws tree anti-sosiaal op. Hy soek net sy eie belang en nie dié van die gemeenskap nie. Hy verwerp die voordeel van oorlegpleging. Lot se verhaal in Genesis 13 is ‘n uitstekende voorbeeld hiervan. Hy het hom afgeskei van Abram – dieselfde Hebreeuse woord vir afskei (niprād) word gebruik – en die beste deel gekies. Maar, moes toe vlug vir die oordeel oor Sodom en Gomorra.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS