Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 177

Spreuke 17:27-28

Bybelteks(te)

27Wie die kennis het, kan spaarsaam met sy woorde wees;

'n mens met insig bly kalm.

28As 'n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir 'n wyse,

en as hy sy mond toehou, vir 'n verstandige mens.

SPREUKE 17:27-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hierdie verse beklemtoon dat ’n mens moet dink voor jy praat. Vers 27. As jy regtig kennis het, kan jy kies wanneer om te praat en wanneer om stil te bly. Letterlik: “Hy wat sy woorde spaar, ken kennis”. ’n Kalm gees toon ware insig. Letterlik staan daar ’n “koue gees” – dws iemand se binnekant wat soos ’n poel koue water is. Dit dui op selfbeheersing, iets wat die Heilige Gees natuurlik vir ons as kinders van God gee (“God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” – 2 Tim 1:7). Vers 28. Selfs ’n dwaas wat stilbly, sal as wys en verstandig gereken word. Dit is natuurlik nie net ironies bedoel nie. ’n Dwaas wat sy woorde tel, is nie langer meer heeltemal dwaas nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS