Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 175

Spreuke 17:24-25

Bybelteks(te)

24'n Verstandige mens hou hom besig met wysheid,

maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.

25'n Onverstandige seun is vir sy ouers 'n ergernis,

hy is vir hulle 'n bitter verdriet.

SPREUKE 17:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 24 herinner ons daaraan dat wysheid nie moeilik is om te vind nie, want God gee dit vir dié wat dit soek. Moses beklemtoon die rol van die Woord: “Die gebod is baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe.” (Deut 30:14). Jakobus beklemtoon die rol van gebed: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee.” (Jak 1:5).

Die dwaas se oë is egter nie op God en sy Woord gerig nie, maar op watter wysheid die wêreld vir hom kan gee, soos dit letterlik daar staan: “die oë van ’n dwaas is gerig op die einde van die aarde.”

Vers 25. Dwaasheid maak ouers egter seer. ’n Dwase seun is ’n hartseer vir sy pa, ’n bitterheid vir sy ma wat aan hom geboorte gegee het.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS