Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 171

Spreuke 17:17-18

Bybelteks(te)

17Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken;

jou broer is daar met die oog op jou nood.

18Dit is 'n mens sonder insig wat borg staan,

wat instaan vir die skuld van sy naaste.

SPREUKE 17:17-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Peterson vertaal vers 17: “Friends love through all kinds of weather, and families stick together in all kinds of trouble.” (The Message). Ware vriendskap en familiewees wys sy waarde in swaar tye.

Spreuke verfyn hierdie gedagtes op ’n paar plekke (’n vriend kan nader wees as ’n broer – Spr 18:24; ou vriende, veral vriende van jou ouers, kan soms meer beteken as ’n broer – Spr 27:10; ’n buurman is soms nader as ’n broer – Spr 27:10).

Maar, Spreuke is ook baie bewus van die teendeel (’n verontregte broer kan onversetlik teenoor jou raak – Spr 18:19; verkeerde maats kan jou breek – Spr 18:24; armoede kan enige verhouding versuur – Spr 19:7).

Vers 18 waarsku dat ’n mens nie moet borg staan vir enigiemand se skuld nie (vgl Spr 6:1-6). Dit geld uiteraard nie wanneer ’n mens iemand anders iets kwytskeld of help met ’n geskenk nie (vgl Spr 3:27-28).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS