Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 172

Spreuke 17:19-21

Bybelteks(te)

19Wie hou van aanstoot gee, hou van rusie;

wie homself hoog aanslaan, soek sy eie ondergang.

20'n Vals mens sal nie voorspoed hê nie;

wie die waarheid verdraai, sal ondergaan.

21Daar wag hartseer vir die vader van 'n dwaas;

wie 'n ongemanierde seun het, het geen vreugde nie.

SPREUKE 17:19-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 19. Iemand wat graag stry, hou ook van sonde. Iemand wat groot praat (letterlik: “sy deur hoog maak”) soek moeilikheid. Vers 20. Valsheid vernietig voorspoed. Dit is waar van verkeerde motiewe wat kom uit ‘n perverse hart. Dit is ook waar van leuens vertel. “The twisted tongue tumbles into trouble.” (NLT). Vers 21. ‘n Dwase kind bring hartseer vir ‘n ouer. Dit suig die vreugde uit jou lewe uit (vgl Spr 17:2, 6, 25). Twee verskillende woorde vir dwaasheid word gebruik. Die eerste woord (kĕsîl) dui op skaamteloosheid of onnoselheid, ‘n “imbesiel”. Die tweede woord (nābāl) op intellektuele of morele goddeloosheid, om in gedagtes of gedrag te lewe in God se wêreld asof Hy nie bestaan nie, ‘n “immorele”.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS