Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 16

Spreuke 3:19-20

Bybelteks(te)

19Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê

en die hemel gebou met insig.

20Deur sy kennis is die groot waters van mekaar geskei

en drup die wolke van vog.

SPREUKE 3:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

In aansluiting by die vorige verse is dit opmerklik dat hierdie twee verse God se skeppingsmag besing. Dit beteken dat ’n mens aan die een kant juis op sy mag (en nie jou eie nie) moet staatmaak in die loop van die gewone lewe. Aan die ander kant is dit ook juis op hierdie basis dat ’n mens self met wysheid kan optree, soos die volgende gedeelte gaan illustreer. Loof God vir sy wysheid wat alles orden, en vir water waaruit alles lewe. Daarmee bevestig jy God se werk in die skepping en voorsiening vir die hele aarde.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS