Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 166

Spreuke 17:7-8

Bybelteks(te)

7Verstandige woorde soek jy nie by 'n dwaas nie,

nog minder leuens by 'n man van aansien.

8Vir wie dit gee, het omkoopgeskenke towerkrag;

vir hom moet dit sukses verseker waar hy ook gaan.

SPREUKE 17:7-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 7 praat oor egtheid. Welsprekendheid pas nie by ’n dwaas nie (vgl Nabal, die “dwaas”, in 1 Sam 25:25), soos leuens nie by ’n eerbare man pas nie. Vers 8 praat oor die mag van omkopery: “geld wat stom is, maak reg wat krom is.” Vers 15 en veral 23 wys egter wat die Here daarvan dink.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS